Local News
N12 buite Wolmaransstad weer oop vir verkeer─── DANE BEISHEIM 15:15 Wed, 08 Nov 2017
Die N12 net voor Wolmaransstad vanaf Klerksdorp is weer oop vir verkeer nadat sowat 40 taxis 'n gedeelte van dié pad vanoggend versper het.
Woedende taxi-operateurs die pad versper omdat hulle glo keelvol is vir onwettige operateurs in dié dorp wat mense in hul private voertuie teen betaling vervoer.
Wettige operateurs sê pendelaars, wat voorheen van hulle dienste gebruik gemaak het, word nou afgerokkel deur die onwettige operateurs. Volgens plaaslike inwoner Johan Coetzee is die pad net voor 15h00 weer vir verkeer oopgemaak.
- OFM-Nuus