Local News
Een sterf in Wolmaransstad-bendegeweld─── DANE BEISHEIM 18:30 Thu, 02 Nov 2017
![Een sterf in Wolmaransstad-bendegeweld Een sterf in Wolmaransstad-bendegeweld | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/fr_201711218338.jpg?w=600&h=300&mode=crop&anchor=middlecenter&scale=both)
Een persoon is vroeër vanmiddag dood toe twee mededingende bendes op die N12-snelweg net buite Wolmaransstad in Noordwes slaags geraak het.
Volgens 'n plaaslike inwoner, Johan Coetzee, is die N12 en die brug wat na die dorp lei sedertdien oopgemaak vir verkeer, nadat dit tydelik gesluit was weens die geweld tussen die twee groepe.
Hy sê dat die slagoffer verskeie steekwonde opgedoen het, en met mediese personeel se aankoms op die toneel dood verklaar is. Dit is nog nie duidelik hoeveel ander individue tydens die voorval beseer is nie. Die polisie is op die toneel en 'n saak van moord word ondersoek.
- OFM-Nuus