On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Polisie waarsku voetgangers om veilig op Vrystaat-paaie te wees

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:46 Tue, 17 Oct 2017

Polisie waarsku voetgangers om veilig op Vrystaat-paaie te wees | News Article

Die polisie in die Vrystaat beklemtoon opnuut die belangrikheid van padveiligheid nadat ‘n jong seun die naweek deur ‘n bus in Theunissen doodgery is.


Polisiewoordvoerder, Mamello Mokhuoane, sê ‘n agtjarige seun het probeer om ‘n pad oor te steek en ‘n ligte motor te vermy wat in die aankomende baan gery het, toe hy deur ‘n bus wat in die teenoorgestelde rigting gery het, getref is. Die seun is op die toneel dood. Die polisie ondersoek ‘n klag van strafbare manslag. Mokhuoane vra voetgangers om ekstra versigtig te wees wanneer hulle paaie oorsteek en moet doodseker te maak daar is nie aankomende verkeer nie.

Mense moet voetgangersoorgange gebruik wanneer hulle ‘n pad wil oorsteek. Voetgangers moet nasionale paaie soos die N1 en die N5, veral by Winburg in dié streek, veilig oorsteek. Moenie selfone gebruik wanneer daar oor die pad gestap word nie. Haal oorfone af. Mokhuoane waarsku voetgangers om nié aan te neem dat voertuigbestuurders hulle kan sien en sal stop om ‘n gevaarsituasie te voorkom nie. Waar moontlik moet voetgangers veral saans helder kleure dra om meer sigbaar te wees.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.