Local News
Bfn-verkragtingsaak teen tienerseuns weer in hof─── MARK STEENBOK 11:34 Thu, 07 Sep 2017
![Bfn-verkragtingsaak teen tienerseuns weer in hof Bfn-verkragtingsaak teen tienerseuns weer in hof | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/fr_201797114736.jpg?w=600&h=300&mode=crop&anchor=middlecenter&scale=both)
Bloemfontein - Die drie seuns wat na bewering vroeër 'n tienermeisie op die gronde van HTS Louis Botha in Bloemfontein verkrag het, sal vandag weer in die One Stop Kinderreg-sentrum verskyn.
Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se woordvoerder, Phaladi Shuping, het die drie tienerseuns verlede week vlugtig in die hof verskyn, waar die saak tot vandag uitgestel is.
Die voorval is op 7 Junie met 'n selfoon op video vasgelê en het later op sosiale media versprei.
Die seuns is vroeër ook in die sorg van hulle ouers vrygelaat.
OFM-nuus