On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Keimoes-ongeluk: Name van oorledenes bekend

───   MARK STEENBOK 15:15 Fri, 18 Aug 2017

Keimoes-ongeluk: Name van oorledenes bekend | News Article

Die name van die nege mense wat in verlede week se gru-ongeluk buite Keimoes in die Noord-Kaap dood is, is bekend.


Polisiewoordvoerder, Sergio Kock, sê die naasbestaandes van die oorledenes het hierdie week hul lyke geïdentifiseer. Die polisie ondersoek ‘n klag van strafbare manslag nadat ‘n Hyundai Accent en Renault Clio Saterdagaand vyftien kilometer buite Keimoes reg van voor gebots het. Sewe mans en een vyfjarige kind is op die toneel dood, terwyl nog ‘n man later in ‘n hospitaal in Upington dood is. Nog agt mense wat in ‘n Toyota Condor gery het, het beserings opgedoen en is later na die hospitaal gebring.

Kock sê die insittendes van die Renault Clio, wat op die toneel dood is, is Nigel du Plessis (28), Geraldo Cloete (21), Brandon van Wyk (22), en Nayton Brussel (5). Hy sê Sam Isaks (20), Bradley Jonkers (20), Enrico Moloisi (29), en Justin Cloete (18) was insittendes van die Hyundai Accent.

Denville van Rooy (37), ‘n insittende van die Toyota Condor, is later in die Harry Surtie-hospitaal oorlede.

Ondersoek in die saak duur voort.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.