Local News
Twee ontbinde lyke langs Parys-Fochville-pad gevind─── DANE BEISHEIM 10:18 Thu, 06 Jul 2017
![Twee ontbinde lyke langs Parys-Fochville-pad gevind Twee ontbinde lyke langs Parys-Fochville-pad gevind | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/fr_201776102043.jpg?w=600&h=300&mode=crop&anchor=middlecenter&scale=both)
Noordwes-polisie het die gemeenskap se hulp gevra om twee ongeïdentifiseerde, ontbinde lyke wat Dinsdag langs die Parys-Fochville-pad gevind is, te identifiseer.
Volgens die polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, blyk dit dat albei mans in die agterkop geskiet is. Die slagoffers se ouderdomme word tussen 35 en 40 jaar geskat. Een van die slagoffers het 'n blou hemp aan gehad. Die ander een is onherkenbaar verbrand, blykbaar weens 'n onlangse veldbrand op die plaas waar hulle gevind is.
Mokgwabone sê in hierdie stadium is die motief vir die moorde onbekend.
"Enigiemand met inligting wat kan lei tot die uitken van die slagoffers of die opsporing van hul gesinslede, kan Adjudant-Offisier Letimile Melato skakel by 082-416-2348 of 056-818-1295/1530. Brigadier Clifford Kgorane kan ook by 082-492-3921 gebel word," het Mokgwabone bygevoeg.
Die ondersoek na die saak duur voort.
OFM-nuus