On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Local News

Parys vigilante-moorde: Verhoor van ses mans begin

───   DANE BEISHEIM 06:07 Tue, 02 May 2017

Parys vigilante-moorde: Verhoor van ses mans begin | News Article
Die ses beskuldigdes/OFM-nuus

Parys - Die verhoor van ses mans wat teregstaan op aanklagte van moord op twee vermeende plaasaanvallers begin na verwagting vandag in die rondgaande hof in Parys.


Boeta van der Westhuizen, sy seun, Loedie, sy aanstaande skoonseun, Miela Jansen van Vuuren, Anton Loggenberg en sy seun, Cor, asook kaptein Henk Prinsloo van die polisie, word daarvan beskuldig dat hulle Samuel Tjixa en Simon Jubeba doodgeslaan het ná 'n beweerde plaasaanval. Die twee mans het glo op 6 Januarie verlede jaar die 73-jarige Loedie van der Westhuizen in sy huis aangeval. Die EFF het ná die voorval beweer dit was nie ’n plaasaanval nie, maar dat die twee mans op Loedie se plaas was oor ’n loongeskil.



Dertien mans is aanvanklik van die moord op die twee aangekla. Die saak teen twee van die eerste beskuldigdes, Johan Cilliers jr. en Johan Cilliers sr., is teruggetrek terwyl vier ander mans - Müller van der Westhuizen, Wian van der Westhuizen, Wikus van der Westhuizen en Fanie Oosthuizen - vir die staat gaan getuig. Riaan Swart is verder ingevolge 'n ooreenkoms met die staat skuldig bevind aan aanranding. Hy het 'n uitgestelde vonnis gekry.


OFM-nuus






@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.