On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Arrive Alive: Wees veilig op land se paaie dié Paasnaweek

───   MARK STEENBOK 11:30 Wed, 12 Apr 2017

Arrive Alive: Wees veilig op land se paaie dié Paasnaweek | News Article
File photo

Bloemfontein - Arrive Alive het ‘n streng waarskuwing aan motoriste gerig om op hul hoede te wees met paaie wat oor die Paasnaweek baie besiger gaan wees.


Verlede jaar het 156 mense in padverwante ongelukke oor die paasnaweek gesterf. Dit teenoor die 287 van die vorige jaar. 


Die Noord-Kaapse LUR vir paaie, vervoer, veiligheid en skakeling, Pauline Williams het hierdie week genoem dat padsterftes in die meeste gevalle veroorsaak word deur motoriste en voetgangers wat drank misbruik, spoedgrense nie nakom, en mense wat op hul selfone praat en nie hul sitplekgordels dra nie. 


Arrive Alive se Johan Jonck sê dit is belangrik dat motoriste eerstens hulself beveilig. “Ons verwag dat daar veral Maandag baie verkeer gaan wees. Mense moet baie geduldig wees, strek maar die bene en maak seker dat jy rus. As die paaie nou so besig is, kry ons baie keer dat mense ander onverskillig verbysteek, so maak seker jy gee jouself die tyd en ruimte, vermy enigiets wat jou aandag sal aftrek,” sê Jonck.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.