On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

Noordwes-aardbewing meet 4,6 op Richterskaal

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:32 Mon, 03 Apr 2017

Noordwes-aardbewing meet 4,6 op Richterskaal | News Article
Google Maps

Die Raad vir Geowetenskappe het bevestig dat 'n aardbewing, wat 4,6 op die Richterskaal gemeet het, vanoggend in die vroeë oggendure in die Klerksdorp-goudmyn-gebied voorgekom het.


Volgens die projekleier van dié raad se data-analise, Ian Saunders, het die aardbewing teen 'n diepte van 2km ondergronds dié gebied in Noordwes om 05:08 getref. 

Dit het sowat 36 sekondes geduur. Die skudding is tot in Potchefstroom, omliggende Noordwes-dorpe en dorpe in die Vrystaat, asook tot sover as Pretoria, gevoel. 

Die episentrum van die skudding was tussen Klerksdorp, Stilfontein en Orkney. 

Woordvoerder van die Provinsiale Departement van Plaaslike Regering en Menslike Nedersettings, Ben Bole, het vroeër aan OFM-nuus gesê lede van die provinsiale rampbestuursentrum is in die proses om die omvang van die skade vas te stel. Meer besonderhede in dié verband sal later bekendgemaak word.


OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.