On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Sannieshof-ouma op 108 nog perdfris en gesond

───   MARK STEENBOK 08:50 Mon, 03 Apr 2017

Sannieshof-ouma op 108 nog perdfris en gesond | News Article
Tannie Anna van Niekerk en haar dogter, Louise Basson.

Sannieshof - ‘n Ouma van Sannieshof in Noordwes het Vrydag haar 108ste verjaardag met vriende en familie gevier.


Anna Elizabeth Wilimina van Niekerk se dogter, Louise Basson, sê alhoewel haar ma tans nie mooi kan sien en lekker kan hoor nie, is haar verstand nog baie helder en is sy nog baie gesond. 

Van Niekerk is in die distrik van Bothaville in die Vrystaat op 31 Maart 1909 gebore. Die bestuur van Huis Louw van Wyk in Sannieshof waar sy woon, het Vrydag vir haar ‘n partytjie gehou. 

Basson sê die genade van die liewe Vader het haar moeder deur die jare gedra. “Dit is ‘n mens met baie wilskrag. 

"Sy het deur al die jare gesond gelewe, sy was baie besig en het hard gewerk. Ek moet sê, harde werk het nog niemand doodgemaak nie." 

Verder is dit die genade van die Here en niks anders nie,” sê Basson. Van Niekerk het vier kinders, 14 kleinkinders (twee kinders en twee kleinkinders is intussen oorlede), 17 agterkleinkinders en twee agter-agter kleinkinders.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.