Local News
Kovsies se nuwe taalbeleid gaan voort─── DANE BEISHEIM 14:07 Tue, 28 Mar 2017
Bloemfontein - AfriForum is teleurgesteld met vandag se Appèlhof-uitspraak, maar beskou dit as ’n stap nader aan die Grondwethof, waar die saak 'eintlik aangehoor moet word'.
Dit is volgens AfriForum se adjunk uitvoerende hoof, Alana Bailey. Haar opmerking volg nadat die hof vanoggend beslis het dat die Universiteit van die Vrystaat kan voortgaan om sy nuwe taalbeleid, waarin Afrikaans as onderrigtaal uitgefaseer word, van volgende jaar af te begin toepas. Die UV se appèl teen AfriForum en Solidariteit het met koste geslaag. Bailey sê dit was ’n baie belangrike saak.
“Dit is nodig dat daar uitklaring moet geskied, en die ideale platform waar dit moet gebeur, is die Grondwethof. So ons vra op die oomblik ons regspan of dit moontlik is om verlof tot appèl tot die Grondwethof te kan loods, en aan die hand van hulle advies sal ons dan aangaan met so 'n aansoek,” sê Bailey.
OFM-nuus