On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Local News

Heidedal-inwoners vat hande teen dwelmmisbruik

───   MARK STEENBOK 14:36 Mon, 20 Mar 2017

Heidedal-inwoners vat hande teen dwelmmisbruik | News Article

Bloemfontein - Duisende inwoners van Heidedal in Bloemfontein sal môre saamtrek om hulle stemme dik te maak teen dwelmmisbruik in die buurt.


Volgens die organiseerder en een van die stigterslede van die Heidedal Local Drug Action Committee, Gregory Werner, wil hulle deur die betoging die soeklig op verskillende kwessies in die buurt werp. 

Die voormalige Vrystaatse LUR van Polisie, Butana Komphela, het Heidedal eens as een van die grootste dwelmneste in die stad beskryf, dus sê Werner wil hulle die platvorm gebruik om die boodskap op ‘n positiewe en vreedsame manier uit te stuur.

Werner sê die program begin reeds om 09:00 vanaf die Engen Garage en die Clive Solomon-stadion in Heidedal.

“Wat ons opgetel het, is dat die kinders wat dwelms misbruik al hoe jonger word. ‘n Vrou het byvoorbeeld vir my vertel dat haar seun selfmoord gepleeg het en sy het al die pad gebid dat daar een dag iets oor dwelmmisbruik gedoen word. Die terugvoer wat ons van die gemeenskap kry is fenomenaal. Die tema vir die dag gaan eenheid teen dwelmmisbruik wees,” sê Werner.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.