On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Nikki
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Local News

Elf mense al vandeesmaand op plase in SA vermoor

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:40 Wed, 15 Feb 2017

Elf mense al vandeesmaand op plase in SA vermoor | News Article
OFM-nuus

Bloemfontein - Altesaam 11 mense is vandeesmaand al op plase oor die land heen vermoor.


AfriForum se nuutste syfers, wat self deur dié organisasie ingesamel word, toon daar was sedert 1 Februarie tot vandag reeds 31 aanvalle op plase in Suid-Afrika. 


AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, Ian Cameron, sê daar is 'n oplossing. Gemeenskappe sal hulself en hul eiendom self moet verdedig, want daar kan nie op die regering staatgemaak word om dit te doen nie.



Vier familielede is by Balfour in Mpumalanga doodgeskiet. Louis Smuts, sy vrou Belinda en Louis se ouers, Gert en Paulina, wat ook op die plaas gebly het, se lyke is gisteroggend gekry. Hulle het almal kopskote gehad. Verdagtes is aangekeer. 'n Man van die Roodekuil-gebied by Bela-Bela in Limpopo se lyk is gister op 'n kleinhoewe gevind. Die motief vir die moord is onbekend en niemand is nog in hegtenis geneem nie.


Cameron sê in die nuutste aanval is 'n boer en sy vrou gister op hul plaas by Derby in Noordwes deur vier rowers aangehou. 


Die polisie se Amanda Funani sê Hannes Harmse is gisteroggend deur rowers by 'n hek op sy plaas oorval.  Hulle het hom in die plaashuis ingedwing. Die egpaar is vasgebind. Hulle is nie ernstig beseer nie. Die rowers het met vuurwapens, 'n onbekende bedrag geld, juwele en selfone vermoedelik te voet op die vlug geslaan. Nog niemand is in hegtenis geneem nie.  

OFM-nuus



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.