Local News
Ontwettige dobbel meesterbreine aangekeer─── MARK STEENBOK 09:42 Sat, 03 Dec 2016
Kimberley - Die Valke in die Noord-Kaap het ‘n sterk boodskap uitgestuur nadat hulle op 27 persele in dié provinsie en Noordwes, wat vir onwettige dobbelary gebruik was, toegeslaan het.
Volgens woordvoerder, Philani Nkwalase, is daar gedurende die intelligensie-gedrewe operasie, wat deur die Valke in die Noord-Kaap in samewerking met die polisiediens gelei is, op pakhuise en wonings toegeslaan.
Hy sê drie verdagtes, wat glo aan die stuur van die bedrywighede was, is in hegtenis geneem terwyl 19 ondernemings gesluit is.
Nkwalase sê tydens die operasie is daar afgekom op verskeie toerusting, soos dobbelmasjiene en rekenaars wat vir die onwettige dobbelary gebruik is.
Die ondersoek het volgens Nkwalase verskeie maande geduur.
OFM-nuus
Woordvoerder Philani Nkwalase :