On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Local News

Foto's: Visvrektes weens besoedelde water in Bethlehem

───   09:33 Wed, 28 Sep 2016

Foto's: Visvrektes weens besoedelde water in Bethlehem | News Article

Bethlehem - Grootskaalse besoedeling van rou riool wat na die Loch Lomond-dam in Bethlehem vloei is moontlik die rede van die dooie, drywende vis op die dam se oppervlak.


Nie net pragtige visse het in die slag gebly nie maar dié riool is na Gauteng op pad. Dit is lewensbedreigend vir mens sowel as dier. 

Roy Jankielsohn, DA-leier van die opposisie in die Vrystaatse wetgewer het self ondersoek ingestel en reeds ‘n brief aan die nasionale minister Nomvula Mokonyane van waterwerke en sanitasie gerig en haar versoek om die oorsaak van die probleem in die Dihlabeng-munisipaliteit vas te stel. Hy het haar versoek om dringend oplossings te vind.

Hengelaars wat die dooie drywende vis op die water se oppervlak gevind het, het dit vandag (26/9) onder Jankielsohn se aandag gebring. 

Die stroom water het ‘n slegte reuk en vloei van die Dihlabengse rioolwerkstasie in ‘n sterk stroom verby ‘n pad na die Loch Lomond-dam. Die water beland eindelik in die Liebenbergsvleidam wat aansluit by die water van die Lesotho Hoogland Waterskemaprojek wat water aan Gauteng voorsien. 

Die moontlikheid van nóg besoedeling van nabygeleë petroleum- en ander industrieë is nie uitgesluit nie.

Die dooie vis is ‘n groot probleem omdat inwoners van Bohlokong wat naby die dam woon die visse verwyder vir kos. Die rede vir die dood van die visse is nie vasgestel nie maar dit is nie ongetwyfeld nie geskik vir menslike gebruik nie. Die water is ook nie vir huishoudelike gebruik geskik nie.

OFM/ Susan Mare

Photo's: Supplied 


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.