On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Sonnige en warm weerstoestande vir die res van die week voorspel

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:15 Mon, 29 Aug 2016

Sonnige en warm weerstoestande vir die res van die week voorspel | News Article
Gallo Images

Bloemfontein - Sonnige en aangename weerstoestande met geen vooruitsigte op reën nie word vandeesweek in die sentrale deel van Suid-Afrika voorspel.

 ‘n Weervoorspeller in die Bloemfonteinse weerkantoor, Tonie Rossouw, sê hoë dagtemperature kom in die grootste deel van die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes voor.  

Maksimum dagtemperature in die hoë twintigs word voorspel, met dele in die Noord-Kaap en Noordwes waar maksimum dagtemperature in die lae dertigs kan voorkom. Hy sê dit is bonatuurlike hoë temperature vir dié tyd van die jaar.

Rossouw sê ‘n frontale stelsel beweeg teen Woensdag deur die Wes-Kaap, maar is tot dié provinsie beperk met afkoeling wat in kusgebiede en die aangrensende binneland kan voorkom.  

Dié stelsel kan verligting bring in dele van die Noord-Kaap se weskus en die westelike deel van dié provinsie waar baie warm toestande tans voorkom.

Hy sê dié weerstoestande sal voortduur in die eerste deel van September.  Daar is egter kommer oor reënvaltoestande wat nie gunstig is nie weens geen beweging in die atmosfeer in die vorm van koue fronte of afsnylae nie.

OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.