Local News
Ekonoom: Impak van verkiesing op ekonomie deel van 'n groter prentjie─── CHRISTAL-LIZE MULLER 09:39 Fri, 05 Aug 2016
![Ekonoom: Impak van verkiesing op ekonomie deel van 'n groter prentjie Ekonoom: Impak van verkiesing op ekonomie deel van 'n groter prentjie | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/fr_20168594048.jpg?w=600&h=300&mode=crop&anchor=middlecenter&scale=both)
Bloemfontein - Die 2016 Munisipale Verkiesing gaan nie 'n groot impak op Suid-Afrika se breë ekonomie hê nie, maar dit is steeds belangrik.
Dít is die mening van 'n ekonoom van die Efficient Groep, Dawie Roodt, wat sê dat die afgelope verkiesing steeds 'n blik aan internasionale en plaaslike beleggers gee op die gesondheid van demokrasie in die land.
Roodt meen Suid-Afrika kry ‘n regmerkie wanneer dit by demokrasie kom.
Roodt sê verder die verandering in die ondersteuning wat politieke partye in die verkiesing op plaaslike regeringsvlak ontvang het, kan egter ‘n aanduiding wees wat by Suid-Afrika se volgende nasionale verkiesing verwag kan word.
Dít kan volgens Roodt ‘n impak op makro-ekonomiese beleid hê. Hy meen die verlies van die ANC (minder steun) is ‘n aanduiding van ‘n politieke party se wurggreep oor Suid-Afrika en hoe die land se ekonomie geleidelik taan, wat die finansiële markte positief laat reageer het.
OFM-nuus