On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Koue en nat weer op pad

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:10 Thu, 12 May 2016

Koue en nat weer op pad | News Article
File photo

Bloemfontein - Nog koue en nat weerstoestande word vir groot dele van die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes voorspel.


Die Bloemfonteinse weerkantoor se Tonie Rossouw sê dié weerstoestande met lae temperature gaan môre voorkom weens ‘n afsnylaag wat ontwikkel en die sentrale deel van die binneland teen môre sal bereik.

Die afnsylaag sal die sentrale deel van die Noord-Kaap bereik en teen Saterdag in die westelike deel van Noordwes voorkom. Hy sê weens die laagdrukstelsel in die bolug kan koue bewolkte toestande met ‘n 60%-kans op buie en donderbuie in die sentrale binneland voorkom. Temperature hoër as tien grade Celsius word vir Saterdag voorspel.

Rossouw sê temperature gaan na verwagting teen Sondag normaliseer en sonnige toestande word vir die res van volgende week voorspel.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.