Local News
Bloem-polisie registreer geregtelike doodsondersoek nadat man se lyk gevind is─── CATHY DLODLO 14:50 Tue, 10 May 2016
Bloemfontein - Die polisie in Heidedal, Bloemfontein, het ‘n geregtelike nadoodse ondersoek geregistreer nadat die liggaam van ‘n man vanoggend in die spruit by die brug in Oos-Einde in die stad gevind is.
Polisiewoordvoerder, Joy Xaba, sê die man was vermoedelik haweloos.
Sy sê die oorledene word ook tussen die ouderdom van 25 en 30 jaar geskat.
Xaba sê die polisie vermoed dat die man verdrink het. Die spruit is vol water ná die onlangse reën.
OFM-nuus