On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Top-bestuursposte by Pacofs nog steeds vakant

───   CATHY DLODLO 10:19 Sat, 16 Apr 2016

Top-bestuursposte by Pacofs nog steeds vakant | News Article

Bloemfontein - Die top-bestuursposte – hoof uitvoerende beampe en finansiële hoof – by die Performance Art Council of the Free State (Pacofs) is ná amper ‘n jaar nog steeds vakant.


Dit is volgens ‘n voorlegging wat dié instansie vandeesweek in die parlement gedoen het.

Drie van die poste het verlede jaar vakant geraak nadat twee senior bestuurders bedank het en die hoof uitvoerende beampte, Teboho Macholo, tydelik geskors is hangende die uitkoms van ‘n interne ondersoek. Pacofs is ook verlede jaar tydens ‘n vorige verskyning voor die parlement se portefeuljekomitee oor Kuns en Kultuur behoorlik oor die kole gehaal en gewaarsku om sy huis in orde te kry.

Kort hierna het die nasionale departement van Kuns en Kultuur by die instansie ingegryp.

In die verslag wat by vandeesweek se vergadering voorgelê is, word die tekort aan ‘n doeltreffende bestuurspan as een van die instansies se probleme gelys.

OFM-nuus




@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.