On Now
Weekends 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: 00:00 - 05:00 Early Mornings with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Nog onwettige mynwerkers se lyke ondergronds in Welkom gevind

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:35 Fri, 15 Apr 2016

Nog onwettige mynwerkers se lyke ondergronds in Welkom gevind | News Article
OFM-nuus

Welkom - Altesaam ses lyke van onwettige mynwerkers, ook bekend as zama-zamas, is vandeesweek in ‘n geslote mynskag van Harmony Gold in Welkom gevind.


Drie lyke is Maandag gevind met hul name op papier geskryf, wat langs hul lyke gevind is. Dinsdag is nog ‘n lyk in dieselfde verlate mynskag gevind. Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, sê die polisie is gister na Harmony Gold se Eland-mynskag ontbied nadat nog twee lyke na die oppervlak gebring is.

Thakeng sê die lyke wat gister bogronds gebring is, het reeds begin ontbind. Hul name, vanne en selfoonnomers van hul naasbestaandes was op stukkies papier, wat langs hul lyke gevind is, geskryf. Die oorledenes is van Lesotho en Mosambiek.

Hy sê ‘n geregtelike nadoodse ondersoek sal die oorsaak van al ses onwettige mynwerkers se dood bepaal. Daar word vermoed dat hulle weens giftige gasse ondergronds dood is.

Thakeng beklemtoon opnuut die rol van gemeenskappe om inligting aan die polisie te verskaf rakend onwettige mynwerkers se bedrywighede. Hy sê zama-zamas plaas hul lewens in gevaar in hulle soeke na goudstof.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.