Local News
Bloemfontein Kinderkoor voer 'flash mob' in Mimosa Mall uit─── 09:49 Sat, 02 Apr 2016
![Bloemfontein Kinderkoor voer 'flash mob' in Mimosa Mall uit Bloemfontein Kinderkoor voer 'flash mob' in Mimosa Mall uit | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/fr_20164294348.jpg?w=600&h=300&mode=crop&anchor=middlecenter&scale=both)
Mimosa Mall
Bloemfontein - Besoekers aan Mimosa Mall in Bloemfontein is laat gistermiddag met die strelende stemme van die Bloemfontein Kinderkoor gegroet, toe hulle aan 'n sogenaamde "flash mob" deelgeneem het.
Ongeveer twintig lede van die Kinderkoor het 'n onverwagse vertoning van die Koos Kombuis-treffer, Lisa se klavier, in die restaurant-gedeelte van die inkopiesentrum opgevoer, en toe skielik weer tussen die res van die inkopiegangers verdwyn.
Koorafrigter, Huibrie Verster, sê die vertoning was 'n poging om Bloemfonteiners 'n voorsmakie te gee van die koor se deelname aan die Moments-skouspel. Dit vind op 22 en 23 April in die Sand Du Plessis-teater plaas, en sluit ook optredes deur Sonja Herhold, Eloise Cupido en die Willie Venter Dansers in.
Verster sê die koor berei ook voor vir 'n toer na Noord-Amerika.
Die koor oefen daagliks van 9:00 tot 17:00 om seker te maak hul sang en danspassies is reg vir Kanada.
Earl Coetzee/OFM-nuus