On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Drie wil Universiteit van die Vrystaat se 2017-taalplan stuit

───   14:47 Wed, 16 Mar 2016

Drie wil Universiteit van die Vrystaat se 2017-taalplan stuit  | News Article

Bloemfontein - Drie organisasies, AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit, gaan poog om met ‘n dringende hofaansoek die Universiteit van die Vrystaat se 2017-taalplan vir eers te stuit.

Die Raad van die UV het onlangs besluit die onderrig- en administratiewe taal aan dié universiteit sal vanaf 2017 slegs Engels wees.

Adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, Alana Bailey, sê ’n dringende tussentydse hofbevel teen die implementering van dié plan sal gevra word om eers die raad se besluit oor Engels deur ‘n hof te laat toets.

"Almal van ons voel dat ons belangegroepe direk geraak gaan word deur hierdie besluit om Afrikaans uit te rangeer uit die universiteit vanaf 2017. So, ons voel die plan moet getoets word in 'n hof.  Dis definitief wat ons betref, 'n skending van die taalregte van almal wat betrokke is en ons sou graag wou sien dat Afrikaans steeds 'n taalmedium van die universiteit bly."

André Grobler/OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.