Local News
LUR vir Toerisme het groot planne in Vrystaat─── CATHY DLODLO 17:25 Tue, 15 Mar 2016
Bloemfontein - 'n Staatsubsidie vir opgradering van private gastehuise, ‘n nuwe televisieprogram en ‘n toepassing vir slimfone is van die projekte wat die Vrystaatse Departement van Toerisme beplan om meer toeriste na die provinsie te lok.
LUR Sam Mashinini het in sy begrotingstoespraak gesê dat daar altesaam R58 miljoen vir toerisme in die provinsie begroot is. Hy sê die departement gaan R4 miljoen hiervan in staatstoelae vir die opgadering van gastehuise bewillig.
‘n Televisieprogram – wat as deel van Hlasela TV by alle openbare geboue te sien is – en ‘n toepassing vir slimfone wat besoekers oor die provinsie inlig, vorm deel van sy departement se planne.
Mashinini sê sy departement se harde werk gaan na verwagting beloon word wanneer honderde Suid-Afrikaners op 27 September vanjaar op die Phakisa-renbaan in Welkom toesak vir die viering van Wêreld Toerismedag.