On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Bekende akteur Alan Rickman vanoggend oorlede

───   15:10 Thu, 14 Jan 2016

Bekende akteur Alan Rickman vanoggend oorlede | News Article

Londen - Die akteur Alan Rickman, bekend vir sy rolle as Professor Snape in die Harry Potter-reeks, en die Sheriff van Nottingham in Robin Hood: Prince of Thieves, is vroeër vandag in die ouderdom van 69 jaar oorlede.


Die ster se familie het aan die BBC gesê Rickman het aan kanker gely.

Hy was ook te sien in die films Love Actually en het onlangs die rol van Judge Turpin in die filmweergawe van Stephen Sondheim se musiekblyspel, Sweeney Todd: The Demon Barber of Fleet Street, vertolk.

In 1995 het hy 'n Golden Globe, Emmy-toekenning en Screen Actors Guild-toekenning vir sy vertolking van Rasputin in Rasputin: Dark Servant of Destiny, ontvang. 

BBC


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.