On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Local News

Meer as 100 HOP-huise in VS nie op standaard

───   CATHY DLODLO 11:46 Tue, 03 Nov 2015

Meer as 100 HOP-huise in VS nie op standaard | News Article

Bloemfontein - Die Nasionale Huisbouersregistrasieraad (NHRR) het altesaam 14 behuisingsprojekte van die Vrystaatse Provinsiale Regering tydens die vorige boekjaar stopgesit omdat van die huise nie aan sy tegniese standaarde voldoen het nie.

Die minister van menslike nedersettings, Lindiwe Sisulu, het in antwoord op ‘n geskrewe vraag van DA-LP Makashaule Gana gesê die projekte is gestaak nadat daar tegniese foute by 151 HOP-huise gevind is.

Die raad het inspeksies by verskeie behuisingsprojekte in die provinsie uitgevoer en die projekte wat gestop is, was onder meer in Bethulie, Hobhouse, Kestell, Kroonstad, Sasolburg en Viljoenskroon.

Sisulu sê bouwerk aan altesaam 867 HOP-huise is gedurende dié boekjaar landwyd gestaak omdat dit nie aan die nodige vereistes voldoen het nie.

Sy sê in sulke gevalle behoort die koste vir die afbreek en herbouing van die huise van kontrakteurs verhaal te word.

Cathy Dlodlo/OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.