Local News
Noord-Kaapse LUR vir finansies, John Block, bedank─── OWEN KOCK 14:56 Fri, 16 Oct 2015
Kimberley - Die Noord-Kaapse LUR vir finansies, John Block, wat Woensdag skuldig bevind is aan bedrog, korrupsie en geldwassery, het bedank.
Block het ook sy posisie as provinsiale voorsitter van die ANC prysgegee. Dié aankondiging is sopas op ‘n mediakonferensie in Kimberley gedoen. OFM-nuus se Owen Kock het die konferensie bygewoon.
Block se borgtog is in die Noord-Kaapse hooggeregshof van R50 000 tot R100 000 verhoog. Sy vonnisverhoor begin op 25 Januarie aanstaande jaar.
Hy staar ook soortgelyke aanklagte in onverwante sake in die gesig, wat onder meer miljoene rande se mediese toerusting behels. Dié verhore word in Februarie 2016 voortgesit.
Owen Kock/OFM-nuus
Owen Kock :