On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

'Konstruksie van klaskamers en instandhouding van skole in 2013/14 laat veel te wense oor'

───   CATHY DLODLO 08:50 Fri, 14 Aug 2015

'Konstruksie van klaskamers en instandhouding van skole in 2013/14 laat veel te wense oor' | News Article

Bloemfontein - Die auditeur-generaal sê konstruksie van klaskamers en die instandhouding van skole wat in die 2013/'14 boekjaar meer as R6.6 miljard landswyd beloop het, laat veel te wense oor.

‘n Nuwe skool wat al vyf jaar gelede voltooi is maar nog leeg staan, is tydens ‘n inspeksie van infrastruktuurprojekte in die Noord-Kaap gevind.

Die bevindinge is in ‘n auditeur-generaal-verslag oor ‘n prestasie-oudit van die onderwyssektor vervat.

Van die probleme met die projekte in verskeie provinsies sluit in die aanstel van kontrakteurs wat nie aan vereistes voldoen nie en swak monitering deur provinsiale onderwysdepartemente.

Luidens die verslag is die bou van 'n skool in die Vrystaat al vir ‘n jaar lank vertraag, terwyl 'n skool in die Noord-Kaap ‘n wit olifant geword het omdat die sleutels van die gebou nooit aan die provinsiale onderwysdepartement oorhandig is nie.

Leë klaskamers, rekenaarlokale en biblioteke is in ses provinsies gevind, want toerusting is nooit afgelewer nie. Swak bouwerk, wat 'n bedreiging vir kinders en personeel se veiligheid inhou, is ook in sommige skole gevind.

Cathy Dlodlo/OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.