On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Hoender in 'n ‘lab’... Jan Braai sê ja!

───   17:38 Thu, 08 Jan 2015

Hoender in 'n ‘lab’... Jan Braai sê ja! | News Article

Bloemfontein - ’n Israeliese stigting vir moderne boerdery het saam met die Amerikaanse organisasie, A Well Fed World, en nog internasionale organisasies begin met ’n navorsingsprojek om hoenderborsies in ’n laboratorium te kweek.

Die professor wat dié projek aan die Universiteit van Tel Aviv lei, Amit Gefen, sê vleis wat uit diereselle gekweek word, bly die ware Jakob en sal veel beter wees as hedendaagse plaasvervangers vir vleis. Volgens hom sal sulke gekweekte vleis nie net help om die groeiende wêreldbevolking te voed nie. Dit sal ook omgewingsprobleme help oplos en dierewelsyn bevorder.
 
Suid-Afrika se braaikoning, Jan Braai, sê hy sal nie omgee om ’n laboratoriumgekweekte vleisie te braai nie, mits dit 100% gesond is en goed smaak. Hy sê hy sal daarvan hou as Gefen en die navorsingspan kyk of hulle nie die laboratoriumvleis ’n dytjie- of boutjiesmaak kan gee en dit soos regte plaashoender kan laat proe nie.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 

Podcasts

Jan Braai:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.