On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Nikki
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with Anny
Listen Live Streams

Local News

Vrou se lyk in rioolstelsel gevind

───   06:39 Mon, 20 Oct 2014

Vrou se lyk in rioolstelsel gevind | News Article

Zeerust - 'n Vrou se liggaam is in 'n rioolstelsel buite Zeerust, Noordwes gevind.

Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou is vermoedelik verkrag voor sy vermoor is. Die vrou se naakte liggaam is in die Lehurutse-rioolstelsel gevind. Daar was kneusplekke op die vrou se liggaam en haar gesig was geswel.

Die oorledene is geïdentifiseer as die 26-jarige Kedifentse Mogale. Volgens Moleko het Mogale en twee vriendinne Vrydagaand koeldrank gaan koop by 'n vulstasie. Hulle is glo op pad deur twee mans geteister. Mogale se twee vriendinne kon daarin slaag om weg te hardloop.

Die polisie is in kennis gestel en 'n soektog na Mogale is van stapel gestuur. 'n Saak van moord word ondersoek en die soektog na die twee mans gaan voort.

'n Nadoodse ondersoek sal Maandag by die Bophelong-hospitaal in Mahikeng gedoen word.
 
Sapa 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.