Local News
Thaba Nchu: Nuwe gebruik vir 'n ou gebou─── 15:09 Wed, 16 Apr 2014
Dirk Kok
Thaba Nchu - Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Gugile Nkwinti, en die Vrystaatse premier, Ace Magashule, het aangekondig dat die ou onderwyskollege in Thaba Nchu, wat in onbruik is, as die nuwe hoofkantoor van landelike ontwikkeling se program vir die ontwikkeling van die plattelandse jeug, Narysec, ingespan sal word.
Nkwinti het op die nasionale Narysec-gradeplegtigheid die kollege van Magashule in ontvangs geneem. Hy het gesê dit gaan ook die tuiste word van die regering se uitstalling oor die Wet op Naturellegrond van 1913, sodat jongmense wat hierheen kom om as vakmanne en -vroue opgelei te word hulle deeglik van die geskiedenis kan vergewis.
Nkwinti het gesê die jeugkorps moet bydra tot die vooruitgang van Thaba Nchu.
Die gradeplegtigheid gistermiddag is ontwrig toe van die van jeugkorpslede van verskeie provinsies met ’n protesaksie begin het. Lede het gesê politici bak mooi broodjies van die verhoë af, maar hulle het nie die opleiding of kwalifikasies ontvang wat aan hulle beloof is nie.

Die departement van landelike ontwikkeling het gesê hy sit gesprekke met die ontevrede studente môre in Pretoria voort.