On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Jan v/d Merwe se werk by Vryfees te sien

───   16:03 Mon, 08 Jul 2013

Jan v/d Merwe se werk by Vryfees te sien | News Article
Yolanda Maartens

Bloemfontein - Die Vryfees spog vanjaar met bekroonde kunstenaar, Jan van der Merwe, se installasiekuns, Tyd en Ruimte. Dit sal vir die duur van dié Bloemfonteinse fees, wat môre afskop, te sien wees in ses lokale - onder meer in die Reservoir by die Oliewenhuis-kunsmuseum.

Van der Merwe was die eerste kunstenaar wat in die Reservoir uitgestal het nadat dit in 2002 voltooi is.

Tyd en Ruimte sluit Van der Merwe se belangrikste werk oor die afgelope tien jaar in. Die werk in die Reservoir beslaan meer as 100 bioskoopstoele wat in rye uitgepak is. Soos die meeste van sy werk, is die stoele met 'n roestegniek behandel en vertel onderskeie artikels op elke stoel 'iets' omtrent die teaterwêreld.




Podcasts

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.