On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

International

Biden uit presidentsresies – Demokrate juig, Republikeine woedend

───   06:33 Mon, 22 Jul 2024

Biden uit presidentsresies – Demokrate juig, Republikeine woedend | News Article
Amerikaanse president Joe Biden het sy herverkiesingsveldtog beëindig. Foto: X

“Ek glo dit is in die beste belang van my party en die land om af te staan en om uitsluitlik daarop te fokus om my pligte as president vir die res van my termyn na te kom.”

Amerikaanse president Joe Biden (81) het Sondag (21/7) sy herverkiesingsveldtog beëindig en vise-president Kamala Harris onderskryf om hom op te volg.

“Dit was die grootste eer van my lewe om as u president te dien,” het Biden in ’n brief geskryf wat hy op X geplaas het. “En hoewel dit my voorneme was om herverkies te word, glo ek dit is in die beste belang van my party en die land vir my om af te staan en om uitsluitlik daarop te fokus om my pligte as president vir die res van my termyn na te kom.”

CNN berig Biden het gesê hy sal later hierdie week in meer besonderhede met die nasie praat.

Washington was ’n miernes van bedrywigheid ná president Joe Biden se aankondiging dat hy nie die genomineerde vir die Demokratiese Party in 2024 sou wees nie. Hy het in dieselfde asem vise-president Kamala Harris onderskryf. Demokrate het gejuig, maar Republikeine was woedend, berig The Independent.

Lede van die president se party het hom toegejuig en met ag van sy nalatenskap gepraat, terwyl Republikeine geëis het dat hy onmiddellik as president moet bedank. 

Biden se besluit het rimpelings oor die hele wêreld veroorsaak, met ’n aantal wêreldleiers wat op die nuus gereageer het, het die BBC berig.

Baie van sy bondgenote het hulde gebring aan sy prestasies in die buiteland, met die nodige erkenning dat die besluit moeilik moes wees.

Duitsland se kanselier, Olaf Scholz:

Speaker Mike Johnson en voormalige president Donald Trump het die aanklag vir Republikeine gelei.

“Op hierdie ongekende tydstip in die Amerikaanse geskiedenis moet ons duidelik wees oor wat pas gebeur het. Die Demokratiese Party het die Demokratiese genomineerde van die stembrief afgedwing, met net meer as 100 dae voor die verkiesing,” het Johnson gesê. “As Joe Biden nie geskik is as presidentskandidaat nie, is hy nie geskik om as president te dien nie. Hy moet onmiddellik uit die amp bedank.”

Trump het op Truth Social geskryf: “Crooked Joe Biden was nie geskik as presidentskandidaat nie, en is beslis nie geskik om te dien nie – en was nooit! Hy het slegs die posisie van president beklee deur leuens, valse nuus, en deur nie sy kelderverdieping te verlaat nie.

“Al die mense rondom hom, insluitend sy dokter en die media, het geweet dat hy nie in staat was om president te wees nie, en hy was nie. En kyk nou wat het hy aan ons land gedoen, met miljoene mense wat oor ons grense kom, totaal ongekontroleerd en ongemerk, baie uit tronke, psigiatriese inrigtings en rekordgetalle terroriste. Ons sal baie ly weens sy presidentskap, maar ons sal die skade wat hy aangerig het baie vinnig herstel. MAKE AMERICA GREAT AGAIN!” het die oudpresident gesê.

Reaksies van oorsee was oor die algemeen gunstiger vir Biden. Europese bondgenote was na bewering bekommerd dat hy nie vir Trump, wat skepties teenoor Navo staan, in die volgende verkiesing sou kon klop nie.

OFM Nuus cg




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.