Human Interest
Beeste klink 'n glasie op 'lekkerder vleis'─── 14:40 Wed, 31 Oct 2012
![Beeste klink 'n glasie op 'lekkerder vleis' Beeste klink 'n glasie op 'lekkerder vleis' | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/a1__20121031144045519u80.jpg?w=600&h=300&mode=crop&anchor=middlecenter&scale=both)
Languedoc - ‘n Klompie boere in Languedoc, Frankryk, het begin om rooiwyn van plaaslike wynmakers vir hulle beeste te voer met die doel om die geurigheid van die beeste se vleis ‘n hupstoot te gee.
‘n Plaaslike boer, Claude Chabalier, het wyn van die wynproduserende Saint-Genies-des-Mourgues by sy beeste se dieet begin voeg.
Thedrinksbusiness.com berig dat Chabalier verlede jaar ‘n proeflopie gedoen het, waartydens die dieet van drie van sy koeie bestaan het uit ‘n mengsel van oorskietdruiwe, gars en hooi.
Die wyn is later in die dieet ingesluit. Die webblad berig verder dat Australiese wetenskaplikes reeds ‘n verband gevind het tussen die voer van druiwedoppe en melkproduksie.
Volgens Chabalier, kan beeste tot ‘n liter en ‘n half wyn per dag inneem - dit verhoog egter die voerkoste.
Thedrinksbusiness.com