On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Health

Raad vir werkuitbranding

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:59 Wed, 09 Oct 2024

Raad vir werkuitbranding | News Article
Foto: iStock

“Hoewel dit nie ’n mediese diagnose is nie, hou uitbranding verband met toestande soos depressie, maar dit vereis verskillende behandelings.”

Uitbranding weens ’n mens se werk is ’n soort werkverwante stres wat jou liggaamlik en emosioneel uitgeput kan laat voel.

Dit kan ook tot gevoelens van waardeloosheid en magteloosheid lei, berig Mayo Clinic. Hoewel dit nie ’n mediese diagnose is nie, hou uitbranding verband met toestande soos depressie, maar dit vereis verskillende behandelings.

Volgens Calm kan persoonlikheidseienskappe en vorige ervarings by die werk jou uitbrandingsrisiko  beïnvloed, wat verklaar waarom twee mense wat met dieselfde werksuitdagings te kampe het, anders kan reageer.

Foto: iStock

Wat is werkuitbranding en hoe hanteer ek dit? Ongeag die oorsaak kan uitbranding jou liggaamlike sowel as geestelike gesondheid benadeel.

Simptome

  • Bevraagteken jy die waarde van jou werk?
  • Is dit moeilik om jou dag by die werk te begin?
  • Voel jy afgesonder van jou werk of kollegas?
  • Verloor jy geduld met ander by die werk?
  • Sukkel jy met energie en fokus?
  • Voel jy ontevrede met jou prestasies?
  • Twyfel jy aan jou vaardighede, of gebruik jy medikasie of ander middels om deur dag te kom?
  • Het jou slaapgewoontes verander, of het jy onverklaarbare fisieke klagtes?

Oorsake van uitbranding

  • ’n Gebrek aan beheer: Het nie insette in jou werk, rooster of werklading nie.
  • Onduidelike verwagtinge: Jy is onseker wat van jou verwag word.
  • Konflik: Probleme met kollegas of oormatig betrokke base.
  • Wanbalans: Te veel of te min werk, of ’n oorweldigende werk-lewe-wanbalans.
  • Gebrek aan ondersteuning: Voel geïsoleer by die werk of tuis.

Foto: iStock

So hanteer ’n mens uitbranding

Hoewel jy nie alles in die werkplek kan beheer nie, het jy volle beheer oor hoe jy reageer.

  • Oorweeg jou opsies: Praat met jou baas, stel realistiese doelwitte of verken ander werksgeleenthede.
  • Kry ondersteuning: Praat met vriende, familie of kollegas. Gebruik ’n werknemerbystandsprogram indien daar een is.
  • Ontspan en oefen: Doen stresverligtingsaktiwiteite soos joga of diep asemhaling en gereelde oedening.
  • Slaap: Maak seker jy slaap genoeg. Bly bedag op jou emosies en omgewing om stres te bestuur.

Volgens WebMD moet die simptome nie geïgnoreer word nie omdat dit die situasie kan vererger, wat lei tot moegheid, slaapprobleme en selfs gesondheidsprobleme soos hartsiektes of hoë bloeddruk.

OFM Nuus/Charné van der Merwe mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.