On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Health

Hoe gesond is jou tandvleis? Moenie raai nie – doen ’n toets!

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:32 Tue, 10 Sep 2024

Hoe gesond is jou tandvleis? Moenie raai nie – doen ’n toets! | News Article
Foto: Dental Health

“Baie mense is onbewus daarvan dat hulle tandvleissiekte het. Hoewel simptome subtiel kan wees, is tandvleissiekte ’n ernstige toestand wat kan lei tot ’n waterval van ander gesondheidskwessies.”

September is Nasionale Mondgesondheidsmaand, die perfekte tyd om op tandvleissiekte te fokus – ’n kritieke gesondheidskwessie wat dikwels afgeskeep word. 

Tandvleissiekte is nie net ’n tandheelkundige bekommernis nie; dit is gekoppel aan ernstige gesondheidsprobleme, sê Dirna Grobbelaar, mondhigiëne-adviseur vir Ivohealth en lid van die Mondhigiëniste-vereniging van Suid-Afrika (OHASA).

Volgens Grobbelaar kan die vroeë opsporing van tandvleissiekte ernstige probleme voorkom. “In Suid-Afrika is tandvleissiekte die tweede mees algemene toestand na die gewone verkoue, wat na raming 90% van Suid-Afrikaners op een of ander stadium in hul lewe affekteer.”

Foto: Dental Health

Mondsiektes is wêreldwyd een van die mees algemene nie-oordraagbare siektes, wat ongeveer 3,5 miljard mense raak, met die las wat toeneem, veral in lae- en middelinkomstelande.

Grobbelaar sê navorsing verbind tandvleissiekte met verskeie ernstige gesondheidstoestande, insluitend Alzheimers, kardiovaskulêre siektes en onvrugbaarheid. Daar is ook bevind dat ’n goeie mondgesondheid die uitkomste vir swanger vroue en individue met artritis, diabetes en ander sistemiese siektes verbeter.

“Baie mense is onbewus dat hulle tandvleissiekte het. Hoewel simptome subtiel kan wees, is tandvleissiekte ’n ernstige toestand wat kan lei tot ’n waterval van ander gesondheidskwessies.

‘Bloeiende tandvleis nooit normaal nie’

“Sigbare tekens van tandvleissiekte sluit rooiheid, swelling of bloeiende tandvleis in.”

Sy beklemtoon ook dat bloeiende tandvleis nooit normaal nie en dit kan dui om ontsteking in die tandvleis.

Volgens Grobbelaar moet dit egter so gou as moontlik behandel word. “Indien dit egter onbehandel gelaat word, kan dit vorder tot ’n ernstige tandvleisontseking wat die sagte weefsel om tande beskadig.”

Foto: Dental Health

Grobbelaar sê individue met ’n droë mond en mense met ’n familiegeskiedenis van mondproblem het ’n groter risiko om tandvleissiekte te ontwikkel, insluitend diabete.

“Om bewus te wees van jou familiegeskiedenis en om goeie mondhigiëne te handhaaf is van kardinale belang. Gereelde tandheelkundige ondersoeke kan help om vroeë tekens van tandvleisprobleme op te spoor.”

‘Selfs die beste borsels kan seker dele in jou mond mis’

Grobbelaar stel voor dat mense ’n gebalanseerde dieet en ’n deeglike daaglikse mondsorgroetine moet handhaaf om tandvleissiekte te voorkom. “Selfs die beste borsels kan seker dele in jou mond mis.

“Saam met daaglikse versorging word professionele skoonmaak elke ses maande aanbeveel om plaag en wat jy dalk gemis het te verwyder.”

Indien tandvleissiekte vroegtydig opgespoor word, kan dit tuis behandel word.

Foto: Dental Health

Grobbelaar stel voor om hierdie gedetailleerde mondhigiëne roetine vir ’n week te volg indien daar enige sensitiwiteit of bloeding is:

  • Borsel twee keer per dag vir ten minste 2 minute elke keer met ’n sagte tandeborsel wat ’n klein kop het.
  • Maak daagliks tussen jou tande skoon met vlos.
  • Spoel jou mond met ’n alkoholvrye mondspoelmiddel uit om plaak te help verminder en sensitiewe, geïrriteerde tandvleis te behandel.

Foto: Dental Health

Indien enige simptome ná sewe dae voortduur, raadpleeg jou tandarts. Omdat dit uitdagend is vir enigiemand behalwe professionele tandheelkundiges om die tekens van tandvleissiekte te identifiseer, het Grobbelaar en Ivohealth ’n vinnige aanlyn vasvra – die #HealthyGUMCheck – ontwikkel om persoonlike, praktiese bystand te bied.

Neem die #HealthyGUMCheck-toets om vinnig jou tandvleisgesondheid te assesseer, vroeë tekens van siekte te identifiseer en kundige advies van ’n betroubare mondgesondheidswerker te ontvang.

Ter ere van die Nasionale Mondgesondheidsmaand in September, sal jy ook ’n kans hê om ’n EMS Guided Biofilm Therapy®-behandeling (ter waarde van R1 600) of ’n #HealthyGUMEssentials-stel gevul met premium GUM mondsorgprodukte vir ’n gesonde glimlag te wen.

OFM Nuus/Charné van der Merwe mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.