On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Health

Tien maniere om jou teen sonbrand te beskerm

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:53 Tue, 10 Sep 2024

Tien maniere om jou teen sonbrand te beskerm | News Article
Foto: iStock

“Velkanker kan voorkom as plat rooierige of bruinerige kolle op die vel, dikwels met ’n growwe, skubberige of korsagtige oppervlak. ”

Die lente is uiteindelik hier. Dit is die perfekte tyd om die buitelewe en die son te geniet.

Dit is lewensbelangrik om bewus te wees van die risiko’s van UV-blootstelling. Hierdie risiko’s kan wissel van sonbrand tot velkanker, berig Women’sHealth.

Velkanker kan voorkom as plat rooierige of bruinerige kolle op die vel, dikwels met ’n growwe, skubberige of korsagtige oppervlak. Dis geneig om stadig te groei en kom gewoonlik voor op dele van die liggaam wat aan die son blootgestel word, soos die gesig, ore, hals, nek, lippe en rugkant van die hande.

Hier is ’n paar sonbeskermingswenke van UK HealthCare

  • Dra sonskerm. Sonskerm is een van die noodsaaklikste stappe om jou teen die son te beskerm. Kies ’n sonskerm met ’n sonbeskermingsfaktor (SBF) van minstens 30 en wend dit mildelik aan op alle blootgestelde vel. Herhaal elke twee uur, of meer gereeld as jy sweet of swem.
  • Beskerm jou lippe. Jou lippe is ook vatbaar vir sonskade. Gebruik gereeld ’n lipbalsem met SBF en smeer dit weer aan nadat jy geswem of gesweet het.

Foto: iStock

  • Gaan die UV-indeks na. Kyk wat die UV-indeks vir jou omgewing is voordat jy buitentoe gaan. Dit wissel van 0 tot 11, waar ’n hoër syfer dui op hewiger UV-strale. ’n UV-indeks van 0 tot 2 beteken byvoorbeeld dit sal sowat 60 minute duur om te brand, terwyl ’n UV-indeks van 11 beteken dat ’n mens se vel binne net 10 minute kan brand. Tref ekstra voorsorgmaatreëls wanneer die UV-indeks hoog is. Selfs met die nodige sonskerm aangesmeer én in die skadu is dit belangrik om sonblootstelling gedurende die UV-spitstye tussen 10:00 en 16:00 tot die minimum te beperk.
  • Selfverbruiner. As jy mooi bruingebrand wil voorkom sonder om gevaar van sonskade te loop, oorweeg dit om selfverbruiner te gebruik. Dit skep ’n bruin voorkoms sonder UV-blootstelling. Kies ’n selfverbruiner wat waterdig is en met ’n SBF van minstens 15.
  • Regte kleredrag. Dra klere wat jou arms en bene bedek, asook ’n breërandhoed om jou gesig en nek te beskerm.

Foto: iStock

  • Dra ’n sonbril. ’n Sonbril is noodsaaklik om jou oë teen UV-strale te beskerm. Kies ’n sonbril wat ten minste 99% van die UV-strale blokkeer en dra dit elke keer wanneer jy uitgaan, selfs wanneer dit bewolk is.
  • Soek skaduwee. Bly waar moontlik in die skadu om UV-blootstelling te verminder. As natuurlike skadu nie beskikbaar is nie, gebruik ’n sonsambreel op die strand of in jou tuin.
  • Wees versigtig naby reflektiewe oppervlaktes. Water en sand kan UV-strale weerkaats, wat jou risiko van sonbrand verhoog. Tref ekstra voorsorgmaatreëls wanneer jy naby hierdie tipe oppervlakke is om jou vel te beskerm.

Foto: iStock

  • Herken sonbrandsimptome. Wees bewus van sonbrandtekens, soos rooiheid, pyn, swelling en blase. As jy hierdie simptome ervaar, kom dadelik uit die son, behandel die aangetaste deel en kry raad by ’n dokter of dermatoloog in ernstige gevalle.

OFM Nuus/Charné van der Merwe mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.