On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Health

Eenvoudige maniere om meer water te drink

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 05:30 Wed, 04 Sep 2024

Eenvoudige maniere om meer water te drink | News Article
Foto: iStock

“Ten spyte daarvan dat mense die belangrikheid van hidrasie begryp, is dit vir baie uitdagend om genoeg water te drink.”

Om gehidreer te bly is van kardinale belang vir jou gesondheid, aangesien jou liggaam uit sowat 70% water bestaan.

Water help om elektrolietbalans te handhaaf, bloeddruk te reguleer, gewrigte soepel te hou, liggaamstemperatuur te reguleer en selgesondheid te ondersteun, berig Today.com.

Ten spyte daarvan dat mense die belangrikheid van hidrasie begryp, is dit vir baie uitdagend om genoeg water te drink. Volgens Mayo Clinic moet vroue daagliks ongeveer elf koppies water inneem en mans 15.

Hier is tien maniere om jou te help om meer water te drink

  • Begin jou dag met ’n glas water. Begin jou dag deur ’n glas water te drink sodra jy wakker word. Hierdie eenvoudige gewoonte kry nie net jou metabolisme aan die gang nie, maar help ook om jou liggaam weer te hidreer ná ure se slaap.

Foto: iStock

  • Stel vir jouself wekkers. Gebruik jou foon om wekkers te stel sodat jy onthou om gereeld water te drink. So kan jy ’n gesonde roetine handhaaf.
  • Gebruik ’n herbruikbare waterbottel. Hou altyd ’n herbruikbare waterbottel by jou. As jy maklike toegang tot water het, sal jy eerder deur die dag water drink.
  • Geur jou water. Indien jy nie van gewone water hou nie, geur dit gerus. Voeg skywe vrugte soos suurlemoen, lemmetjie of komkommer by, of vars kruie soos kruisement of basilie om drinkwater smaakliker te maak.

Foto: iStock

  • Weet hoeveel water jy inneem. Gebruik ’n app of ’n dagboek om aan te teken hoeveel water jy drink. ’n Bewustheid van jou inname kan jou help om aanspreeklik en gemotiveerd te bly om jou hidrasiedoelwitte te bereik.
  • Drink water voor etes. Maak dit ’n gewoonte om ’n glas water voor elke maaltyd te drink. Dit help nie net met hidrasie nie, maar kan ook help met spysvertering en om versadigder te voel, wat moontlik die kanse op ooreet, verminder.
  • Gebruik ’n waterbottel met tydmerke. Belê in ’n waterbottel met tydmerke, wat aandui hoeveel water jy op spesifieke tye van die dag moes verbruik het. Hierdie visuele gids kan jou help om jou waterdrinkery te verbeter en verseker dat jy op koers bly.

Foto ter illustrasie: Fruugo

  • Waterryke kos. Maak kossoorte wat baie water bevat deel van jou dieet. Vrugte en groente soos waatlemoen, komkommers, lemoene en aarbeie kan bydra tot jou totale vloeistofinname.
  • Maak water deel van jou roetine. Maak water drink deel van ander daaglikse roetines, soos om ’n glas water te drink voor of na jou oggendkoffie, tydens pouses of teebreke, of terwyl jy TV kyk. As jy water met daaglikse aktiwiteite vereenselwig, sal jy onthou om meer gereeld te drink.

Foto ter illustrasie: iStock

  • Stel ’n hidrasiedoelwit. Stel ’n spesifieke, maar realistiese, daaglikse waterinnamedoelwit. Of dit nou agt glase per dag is, of ’n ander hoeveelheid wat by jou leefstyl en behoeftes pas, ’n teiken kan jou gefokus en gemotiveerd help bly.

OFM Nuus/Charne van der Merwe mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.