Health
Waarom dit belangrik is om water te drink─── 05:00 Fri, 02 Dec 2022
Dis belangrik om elke dag genoeg water in te kry om gesond te bly.
Water is die belangrikste hulpbron wat die menslike liggaam nodig het om te funksioneer.
Dit werk soos brandstof wat die niere help en die spysverteringstelsel aanhelp om hardlywigheid te voorkom.
LEES OOK: Borskankerbewustheidsmaand - Nikki gesels met Babette Labuschagne
Die somer is baie warm en kinders moet beskerm word. Ouers, maak dus seker dat hulle goed gehidreer is, veral wanneer hulle buite speel.
Hulle is oor die algemeen meer aktief en dit beteken dat hulle meer sweet en daarom het hul liggame meer water nodig.
Wenke on te volg om gehidreer te bly in die somer:
- Drink ‘n glas water eertse ding in die oggend.
- Gebruik alarms of kennisgewings om jou te herinner.
- Fokus op jou liggaam se seine, soos om dors te voel.
- Drink ‘n glas water voor elke ete.
- Voeg kalorievrye geursel by as jy sukkel.
- Drink agt glase water per dag.
Klik hier vir meer inligting oor hidrasie.