On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Health

Borskankerbewustheidsmaand - Nikki gesels met Babette Labuschagne

───   17:23 Wed, 19 Oct 2022

Borskankerbewustheidsmaand - Nikki gesels met Babette Labuschagne | News Article

Met Oktober as bewusmakingsmaand vir borskanker, het Nikki 'n geselsie gehad met Babette Labuschagne, wat in 2020 met borskanker gediagnoseer is. Babette het sedertdien besluit om 'n stem te wees wat meer aandag aan borskanker help bring.

Hier is Babbette se storie.

My storie begin op April Fools day 2020. Maar dit was geen grap nie.  Ek het iets ongemaklik gevoel toe my bors aan my arm geraak het toe ek een aand na my regtersy gedraai het.  Die volgende oggend het ek 'n selfondersoek gedoen en na die Dischem kliniek gegaan, hulle het 'n kliniese ondersoek gedoen en voorgestel ek gaan vir 'n mammogram.

Photo: Lambert van Sittert

Ek is op 08 April 2020 gediagnoseer met Vroeë Stadium Indringende Duktale Karsinoom, Drievoudig Negatief, Graad 3.  Omdat drievoudig negatief nie hormoonontvanklik is nie, het ek die geleentheid gehad en vrugbaarheidsbehandeling gedoen voordat ek met chemoterapie begin het, 4 AC aka Red Devil, gevolg deur 12 weeklikse Placitaxol. Ek het my laaste infusie op die 14de Oktober 2020 gehad.


Ek het die opsie gehad om dit met 'n lumpektomie te volg, maar ek het die besluit geneem om 'n voorkomende tepelsparende dubbele mastektomie te doen. Ons het onmiddellike heropbou met uitbreidings gedoen. Ek was die 27ste Oktober 2020 as kanker vry verklaar.

 Aan die begin van my storie het ek regtig vertroosting gevind in my familie en vriende. Toe ek oor my reis aanlyn begin plaas het, het ek 'n enorme hoeveelheid ondersteuning gekry wat my moed gegee het.

Ek het voorheen in sagteware-implementering gewerk, maar het einde 2019 my werk bedank om my droom te volg om doelgerigte handelsmerk te doen. Ek het ingeskryf om 'n voltydse honneursgraad te doen, maar ons het besluit om my studies te vries weens chemo-brein en het in 2021 terug gegaan om my studies te voltooi. ?
Babette het intussen weer terug gekeer na die musiek bedryf nadat n internationale organisasie vir haar gevra het om n liedjie te skryf en te vervaardig oor borskanker. Sy het “Easy Love” vrygestel in 2021. Sy is ook besig om haar eie klere reeks te ontwikkel en streef daarmee om borskanker patiënte finansieel te kan uithelp. Lees meer oor Babbette se storie deur hierdie skakel te volg.



Podcasts

Borskankerbewustheidsmaand - Nikki gesels met Babbette Labuschagne:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.