On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

General

Vandag in die Nuus: 30 September 2022

───   18:38 Fri, 30 Sep 2022

Vandag in die Nuus: 30 September 2022 | News Article
Mpho Makwana (FOTO: Eskom)

Hierdie is van jou hoofstories vir vandag, 30 September 2022, soos berig op OFM, die klank van jou lewe.

Eskom het 'n nuwe direksie. eNCA berig die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het die aankondiging Vrydag gemaak.

Gordhan het o.m. gesê dat hy Dinsdag met die voormalige direksie vergader het om hulle in te lig.

Hy het Mpho Makwana as die nuwe Eskom-direksievoorsitter aangewys.


Intussen het Eskom aangekondig dat fase drie beurtkrag die naweek toegepas sal word.

Fase Vier beurtkrag sal egter tot vyfuur Saterdagoggend van krag wees.

Die kragverskaffer sê die eerste eenheid van die Camden kragstasie sal die naweek weer in diens gestel kan word, terwyl die oorblywende sewe eenhede oor die volgende tien dae krag sal kan lewer.

Intussen het President Cyril Ramaphosa in die Nasionale Vergadering gesê Eskom maak vordering om doeltreffende oplossings in werking te stel by die Medupi- en Khusile-kragstasies.


Die voormalige waarnemende polisiekommissaris, Kgomotso Phahlane, sê hy sal nie om verskoning vra vir die besluite wat hy tydens sy ampstermyn geneem het nie.

eNCA berig Phahlane sê die besluite wat hy geneem het was in die beste belang van die SAPD, en indien hy nog 'n kans gegun was, sou hy alles weer dieselfde doen.

Hy staan tereg op aanklagte van bedrog en korrupsie wat verband hou met 'n 2016 multimiljoenrand-tender.


Een van die 18 beskuldigdes in die mislukte asbes-projek saak van R255 miljoen in die Vrystaatse hooggeregshof, het 'n bod teen die departement van menslike nedersettings van stapel gestuur om hom te dwing om sy regskoste te dek.

Beskuldigde nommer 2 in die saak rakende 2014 mislukte projek, Mahlomola Matlakala, het intussen die arbeidshof in Durban genader ná finansiële beperkings.

Die geskorste amptenaar, wat na bewering tydens die asbesprojek in voorsieningskettingbestuur gewerk het, het deur sy prokureur aangekondig dat hy met finansiële beperkings getref is en die genoemde departement hof toe gaan neem om sy regskoste te dek.


Die Vrystaatse regering sê hy benodig sowat R24 miljoen om meer as 160 huise in Jagersfontein te herbou, wat deur modderslik vernietig of beskadig is.

OFM-nuus se Heidre Malgas verduidelik dit, na ‘n slikdam se wal het sowat twee weke gelede meegegee en dele van die dorp oorstroom het.


LUISTER:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.