On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

General

‘Reguleer SA se gemorskosbedryf om vetsug-epidemie te beveg’

───   06:45 Tue, 18 Jun 2024

‘Reguleer SA se gemorskosbedryf om vetsug-epidemie te beveg’ | News Article
Foto: Unsplash/Total Shape

“Maak gesonde kos makliker toeganklik en meer bekostigbaar.”

Die Healthy Living Alliance (HEALA) waarsku die vetsug-epidemie onder Suid-Afrikaanse jeug stel hulle in gevaar van siektes soos hipertensie, beroertes, kanker en tipe 2-diabetes.

Die organisasie sê maklike toegang tot gemorskos is een van die groot bydraers tot vetsug onder jong mense.

Eunice Montso, beleids-en-programkoördineerder by die Healthy Living Alliance, sê die bemarking van gemorskos skep ’n groot vraag na dié soort kosse.

Sy het aan die SABC gesê HEALA vra dat Suid-Afrika se voedselbedryf gereguleer word.

“Waarvoor ons vra, is dat die voedselbedryf gereguleer word sodat items soos ultraverwerkte voedsel en gemorskos nie geredelik toeganklik of geredelik beskikbaar is nie; en om gesonde kos makliker toeganklik en meer bekostigbaar vir gemeenskappe te maak.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.