On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

General

Vandag in die Nuus: 19 September 2022

───   17:22 Mon, 19 Sep 2022

Vandag in die Nuus: 19 September 2022 | News Article
FOTO: @RoyalFamily Twitter

Hierdie is van jou hoofstories vandag, 19 September 2022, soos berig op OFM, die klank van jou lewe.

Wêreldleiers, Britte en mense van oor die wêreld heen het in Londen saamgetrek vir Koningin Elizabeth se staatsbegrafnisdiens.

Mense het die afgelope vier dae kilometers ver tougestaan in Londen se strate om aan haar hulde te bring waar sy in Westminster-saal in staatsie gelê het.

Groot groepe het ook uitgekamp langs die roete waar die begrafnisstoet vanoggend verby beweeg het.


Intussen sal President Cyril Ramaphosa vandag, kort ná Koningin Elizabeth se staatsbegrafnis, na Suid-Afrika terugkeer.

Die SAUK berig sy besluit om nie vanaf Londen na New York te reis vir die Verenigde Nasies se 77ste Algemene Vergadering nie, is geneem ná ‘n virtuele vergadering tussen Ramaphosa, ministers en ander betrokkenes.

Dit, nadat Fase-6 beurtkrag ingestel is.

OFM-nuus se Heidré Malgas verduidelik drastiese ingrypings is gisteraand tydens die vergadering bespreek.


Die vakbond Solidariteit het weer die belangrikheid van onafhanklike kragprodusente benadruk om hulp te verleen in die land se opwekkingsvermoë.

OFM-nuus se Heidré Malgas berig Eskom het gister Fase 5 beurtkrag na Fase 6 verhoog nadat nog twee opwekkingseenhede — dié keer by die Kusile en Krielkragstasies — onklaar geraak het.


Die woordvoerder van die Namakwa-distriksmunisipaliteit se toerismekantoor, Pearl Heyn, wat gemoeid is met die Noord-Kaapse blommeroete wat strek vanaf Concordia tot by Calvinia, asook van Nababeep tot by Nieuwoudtville, sê hulle is tevrede met die aantal besoekers wat sedert die begin van die blommeseisoen die Namakwa-streek besoek het.

Sy sê die blommeprag duur vir minstens agt weke van 1 Augustus tot 1 Oktober, maar dat die blomme reeds in Julie vanjaar hulle verskyning gemaak het en moontlik tot laat in Oktober sigbaar sal wees.


LUISTER:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.