On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

General

Vandag in die Nuus: 18 September 2022

───   12:54 Sun, 18 Sep 2022

Vandag in die Nuus: 18 September 2022 | News Article

Hierdie is van jou hoofstories vandag, 18 September 2022, soos berig op OFM, die klank van jou lewe.

'n Totale ineenstorting van die kragnetwerk is nie 'n onmiddellike bedreiging nie.

Dit is volgens Eskom uitvoerende hoof, André de Ruyter, tydens 'n inligtingsessie vanoggend, soos wat die land tans fase 6-beurtkrag ervaar.

Opwekkingseenhede by Eskom se Kusile- en Kriel-kragstasies het sedert gisteraand onklaar geraak, wat dit gedwing het om tot fase 6-beurtkrag oor te gaan.


Reddingswerkers soek steeds na twee mense wat vermis word sedert die ineenstorting van die Jagersfonteindamwal een week gelede.

Die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, het Vrydag na die rampgeteisterde gebied teruggekeer om die skade te bepaal.

Die premier het in 'n verklaring gesê sy het gemeenskapslede van Itumeleng toegespreek, en is ingelig van 'n 70-jarige man wat ook sedert verlede naweek vermis word.

News24 berig dit was benewens ’n 50-jarige wat aanvanklik as vermis aangemeld is.


’n ANC-lid van die Vrystaatse provinsiale wetgewer is Saterdag oorlede.

ANC Tussentydse Provinsiale Komitee-woordvoerder, Oupa Khoabane, het bevestig dat Heinrich Charl Smith oorlede is.

Hy sê dat partybeamptes vandag sy familie sal besoek.

Nog 'n ANC-lid van die Provinsiale Wetgewer en voormalige hoofsweep, Vusi Tshabalala, het die nuus van Smith se heengaan as "pynlik" beskryf.

Smith, wat ook as "Sandlana" bekend gestaan het, was die voorsitter van die Vrystaatse Wetgewerkomitee vir Onderwys, Gesondheid en Maatskaplike Dienste.

Volgens 'n bron in die party is Smith Saterdag by 'n gastehuis in Bayswater in Bloemfontein gevind.


Die polisie en Wetgewer moet nog terugvoer lewer op OFM-nuus se navraag.

Die Noord-Kaapse LUR vir Onderwys sal saam met die Departementshoof Maandag 'n toesigbesoek aan die Hoërskool Garies bring. Dit volg nadat die skool Saterdag deur 'n brand verwoes is.

LUR Zolile Monakali sal die omvang van die skade bepaal, om die pad vorentoe vas te stel.

Volgens provinsiale onderwyswoordvoerder, Geoffrey van der Merwe, het brandbestryders van Springbok, Aggeneys en Vredendal laat gister daarin geslaag om die brand in uiters winderige toestande te blus.

Van der Merwe meld dat ’n administrasieblok, elf klaskamers en ablusieblokke heeltemal deur die brand vernietig is.

Hy voeg egter by dat die skoolsaal, twee klaskamers, die houtwerkkamer, 'n stoorkamer, en 'n ongebruikte ablusieblok nie geraak is nie.


LUISTER:



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.