General
Vandag in die Nuus: 12 September 2022─── 18:51 Mon, 12 Sep 2022
Hierdie is van jou hoofstories vandag, 12 September 2022, soos berig op OFM, die klank van jou lewe.
Meals on Wheels Community Service South Africa bied ondersteuning aan die gemeenskap van die Vrystaatse dorp - Jagersfontein.
Dít, nadat die dorp Sondag ’n verwoestende slikvloed beleef het toe die wal van ’n myndam gebars het.
Nick Efstathiou, uitvoerende hoof van Central Media Group, moedig Sentraal Suid-Afrikaners aan om betrokke te raak by pogings om inwoners van Jagersfontein by te staan.
Intussen hoop een van die geaffekteerde inwoners – Tshepisong Ngubeni – dat president Cyril Ramaphosa duidelikheid sal bied oor wat presies gedoen gaan word om behuising te bied aan persone wat weens die ramp dakloos gelaat is.
Hy het ook 'n beroep op mynverteenwoordigers gedoen om verantwoordelikheid te aanvaar vir wat gebeur het.
Die wêreld se eerste dagga-lekgotla word hierdie week in Noordwes aangebied.
Die Noordwes Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling hou die lekgotla van Woensdag af, in samewerking met die Noordwes-Universiteit se Mahikeng-kampus.
Die lekgotla het ten doel om inklusiewe en verteenwoordigende entrepreneurskapsgeleenthede vir die Noordwes-gemeenskap te ondersoek.
OFM-nuus se Bambatha Giko berig dit, ten einde die Nasionale Cannabis Meesterplan vir ekonomiese groei te implementeer.
EN... Koning Charles III het belowe om sy ma - die ontslape koningin - se voorbeeld te volg, in sy eerste toespraak aan die Britse Parlement as monarg.
LUISTER: