Food
What's on the menu - Alles kerrie en lekker─── 17:13 Thu, 06 Apr 2023

Hierdie week bring Sjef Madarine vir ons nie een nie, maar 2 kerrieresepte wat ook vir jou paasnaweek etenstafel werk, Ingelegde kerrievis en Kerrie sosaties.
Ingelegde kerrievis
3 kg hake
750ml asyn
400g suiker
4uie gekap
25ml borrie
12,5ml kerrie poeier
10ml sout
6 pepperkorrels
4 kruienaeltjies
4 lourierblare
75ml mielieblom
Droog vis af met kombuis papier en geur met sout en pepper.
Rol in koekmeel.
Braai in vlak olie.
Matig warm olie tot gaar, sowat 4 min aan elke kant.
Hou bietjie asyn eenkant om mielieblom mee aan te maak.
Gooi die res van die bestandele.
Behalwe die mielieblom in n kastrol. Verhit tot kookpunt en kook vir n kwartier met die deksel op.
Maak mielieblom met bietjie asyn aan tot gladde mengsel en roer by kerriesous. Kook n paar min tot dik en gaar.
Pak die mootjies in lae.
Gooi sous oor elke laag.
Lees ook: What's on the menu - Gebakte druiwe en feta
Kerrie sosaties
8 Uie sny in ringe
2 eetlepels Kerriepoeier
1 e Borrie
4 eetlepels Suiker
2 eetlepels Maziena
2 koppies Asyn
2 koppies Water
1 koppie Blatjang
1 koppie Appelkooskonfyt
Braai die uie, voeg Kerrie, Borrie, Suiker en asyn by, Meng die Maziena en water. Voeg by mengsel en bly verhit en sodra begin borrel voeg Blatjang en Appelkooskonfyt by. Kook deur en sit af. Gooi oor jou vleis en roer elke dag om. Die lekkerste is as jy dit sewe dae laat marineer.