On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Food

What's on the menu - Gebakte druiwe en feta

───   16:55 Thu, 09 Mar 2023

What's on the menu - Gebakte druiwe en feta | News Article
Gebakte druiwe en feta

Hierdie week se resep is dalk 'n taamlik ongewone kombinasie. Gebakte druiwe en feta. Probeer dit, miskien pas dit dalk net goed saam met jou volgende byeenkoms.

Bestanddele

200g blok sagte deense feta
200g rooi druiwe
2 takkies roosmaryn
2 eetlepels olyfolie
loperige heuning
focaccia, om te bedien

Metode

STAP 1

Sit twee velle foelie net groter as 'n A4-papier oor mekaar op 'n werkoppervlak. Plaas die feta in die middel. Voeg die druiwe rondom, saam met die roosmaryn, gebreek in kleiner takkies.

Bedruip met die olyfolie en heuning, en geur met swartpeper. Druk die kante op en verseël die pakkie.

STAP 2

Verhit die oond tot 200C/180C waaier/gas 6 en bak vir 30-35 min of tot die druiwe gebars het en die feta sag is. Sit voor saam met warm focaccia vir dunking.

Lees ook: What's on the menu - Sprietuie en kaasbrood


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.