Entertainment
Warm somerdae: Hou kinders só binnenshuis besig─── CHARNÉ VAN DER MERWE 07:34 Sat, 04 Jan 2025
Wanneer die hitte buite ondraaglik word, soek ouers dikwels maniere om hul kinders binnenshuis te vermaak.
Hier is praktiese en prettige idees deur BEGiN om kinders besig en gelukkig te hou.
- Skep binnenshuise sensoriese aktiwiteite
Sensoriese spel is ’n fantastiese manier om kinders te vermaak, terwyl hulle hul sintuie stimuleer. Skep sensoriese bakkies met items soos rys, sand of gedroogde pasta.
Nóg ’n opsie is tuisgemaakte speelklei, wat kinders toelaat om kreatief te raak, terwyl hulle fyn motoriese vaardighede oefen.
- Hou piekniek
Verander jou sitkamer in ’n piekniekplek! Laat die kinders die spyskaart kies, pak ’n mandjie en gooi n kombers op jou sitkamervloer.
Foto: iStock
- Kuns
Kinders kan pragtige kunsstukke skep deur eenvoudige materiale soos gekleurde papier, kryte en gom te gebruik. Selfdoenprojekte, soos die maak van armbande of die ontwerp van kaartjies is prettig én opvoedkundig.
- Moedig verbeeldingspel aan
Skep ’n miniteater vir kinders om toneelstukke op te voer of gebruik ou kostuums vir ’n aantrekspeletjie. Dit help ook om kreatiwiteit en probleemoplossingsvaardighede te verbeter.
- Bak en brou
Om koekies of kolwyntjies te bak is ’n prettige en smaaklike manier om tyd binnenshuis deur te bring. Kinders kan help om bestanddele te meng, die kolwyntjies met lekkernye te versier en die resultate saam te geniet.
Foto: iStock
- Opvoedkundige pret met legkaarte en speletjies
Stel bordspeletjies, kaartspeletjies of legkaarte bekend wat ouderdomsgeskik is. Hierdie aktiwiteite verskaf vermaak, terwyl dit kreatiewe denke uitdaag en gesinstyd aanmoedig.
- Fisieke aktiwiteite
Om kinders aktief te hou, skep ’n mini-hindernisbaan met huishoudelike items soos kussings en stoele.
Hou ’n danspartytjie in die sitkamer. Dans is ’n prettige manier om aktief te bly.
Foto: iStock
- Hou poppekas
Neem ’n ou sokkie en skep jou eie handpop, óf maak ’n marionet met die materiaal en items wat jy by die huis het. Maak ’n paar poppe en hou julle eie poppekas.
Volgens LinkedIn kan al die bogenoemde binnenshuise aktiwiteite kinders se leer en ontwikkeling ondersteun.
OFM Nuus mvh