On Now
Weekends 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: 00:00 - 05:00 Early Mornings with Oscar
Listen Live Streams

Entertainment

Die mooiste Engelse liedjies op die verhoog

───   09:32 Tue, 13 Aug 2024

Die mooiste Engelse liedjies op die verhoog | News Article

“Sy het ’n spesiale belangstelling in die gees-liggaam verhouding.”

Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens gesels met Teresa de Wit oor die groep komponiste wie se werke sy gekies het vir “Most beautiful English songs” in die Odeion.

Teresa de Wit het in 2000 haar UNISA Performers Lisensiaat met lof verwerf en is opgelei by die Kaapstad Opera Studio en Mimi Coertse se Black Tie Ensemble. Sy het in talle operas, konserte en oratoria regoor Suid-Afrika opgetree, insluitend Carmen, The Barber of Seville, The Marriage of Figaro, en Handel se Messiah. Nadat sy na Kimberley verhuis het, het sy BMus-, BMus Hons- en MMus-grade (alles cum laude) aan die UV voltooi. 

Teresa en haar kollega Lesley-Ann, wat ’n gesertifiseerde NLP-praktisyn is en ’n spesiale belangstelling het in die gees-liggaam verhouding en hoe dit prestasie beïnvloed, stel elke jaar ’n program saam met spesifieke liedjies deur verskeie komponiste. 

Teresa de Wit. Foto verskaf

Vanjaar se program Most beautiful English songs, vind plaas in die Odeion op die 12de September. Toegang is gratis.

OFM


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.