On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Entertainment

Neels is op reis met sy beste vriend en The Joyride

───   17:44 Wed, 05 Apr 2023

Neels is op reis met sy beste vriend en The Joyride | News Article
Neels en Lulu. Beeld: Verskaf

Nikki gesels met die Suid-Afrikaanse akteur Neels van Jaarsveld oor sy nuutste TV-program "Op reis met my beste vriend". Neels vertel ons meer oor die program en hoekom hy dink kykers sal dit geniet.

As jy 'n troeteldier het, weet jy presies hoeveel hy/sy vir jou en jou gesin beteken. Jy ken ook die effense hartseer wat gepaard gaan met die reis en jou beste vriend by die huis los. In sy nuwe program glo ons Neels het dieselfde effense hartseer gehad en besluit om iets daaraan te doen, hy het besluit om saam met sy beste vriend op avonture te gaan.

Volgens kyknet se webwerf is die akteur se miniatuur spikkel-worshond, Lulu, amper net so bekend soos hy. Met haar eie Instagram-blad, @honnelulu, steel die skattige Lulu harte net waar sy gaan.

Maar Neels is nie die enigste bekende wat ’n sagte plekkie vir troeteldiere het nie en in die nuwe reeks, Op reis met my beste vriend, gaan hy by vriende in die vermaakbedryf – én hulle troeteldiere – kuier. Daar gaan onder meer gekyk word na dierevriendelike-restaurante, -akkomodasie en -aktiwiteite, liefdadigheidsorganisasies wat op diere fokus en selfs ’n kunstenaar wat troeteldiere skets en roomys wat spesiaal vir honde ontwikkel is.

Van die bekendes wat in Op reis met my beste vriend te sien is, is die sangeres Leah en haar twee Jack Russells, Miggie en Lila, wat ’n paar nuwe toertjies leer, die akteur Theodore Jantjies en sy boerboel Duke wat na ’n diere vriendelik-restaurant gaan, die sangeres Reandi Grey en haar goue apporteerhonde Benji en Nina wat onder meer ’n gidshond beter leer ken en Francois Jacobs en Nykie Pretorius en hulle Staffordshire-terriërs wat besoek aflê by ’n pandjieswinkel wat diere vriendelik is.

Op reis met my beste vriend begin op 8 April om 18:00 op kykNET, DStv-kanaal 144.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.